Mousse Recipe

Chocolate Mousse

Neem 18 marshmallows (nie die geure van druiwe en mango en daai twak nie, nee, die gewone wittes en pienkes), ‘n groot blik Ideal Milk, en ‘n slab tjoklit, by name Midnight Velvet.  [You need 18 marshmallows – not the funny flavors like grape or mango, just the pink and white ones – a large can of evaporated milk and a slab chocolate – such as Midnight Velvet or Cadbury Milk Chocolate]

Sit marshmallows, tjoklit en 100ml Ideal Milk in ‘n glasbak, en smelt stadig in die mikro.  Klits gereeld met ‘n draadklitser om die klonte uit te kry, en te sien dat alles smelt en vermeng.  [Melt marshmallows, chocolate and 100ml of the milk in a glass bowl in the microwave (slowly) – stir frequently so that the mixture becomes smooth.]

Verkoel die res van die Ideal Milk, en sodra die mikro-mengsel afgekoel is, klits jy die Ideal Milk styf, en meng in by die tjoklit-mallows.  Dit is ook nou net hier waar ek vir ekstra geur ‘n doppie KWV inwerk.  Verkoel en val weg.  [Refrigirate the rest of the evaporated milk,  beat it to a thick consistancy and add to the chocolate mixture as soon as that has cooled down too.]

Leave a Reply

Your email address will not be published.